Skip to content

Gesonde eetgewoontes vir diabete: die een artikel wat jy móét lees

Een van die vrae wat ons hééltyd by South Africans with Diabetes kry, is wat mense met diabetes mag eet. Hier is die eenvoudige antwoord:

Gesonde eetgewoontes om jou diabetes te beheer is een van die 4 dinge wat jy moet doen om gesond te bly. Jy kan dit só onthou – TEEL:

Take your medication
Eat healthy food
Exercise, a little every day
Lose weight, if you need to

TEEL diabetes advice

Te veel keuses!

Ons weet dit kan moeilik wees om te besluit wat om te eet as jy diabetes (tipe 1 of 2) het. Daar is so baie keuses. Laekoolhidraatkos? Banting? Vegetaries? Spesiale diabetes-vriendelike kosse? In werklikheid is ons almal verskillend – wat vir een mens werk, werk dalk nie vir iemand anders nie. Sommige van ons mag vrugte eet, ander nie. Party mense floreer op Banting, ander nie. Maar dit help nie juis nie, nè?

Wat behoort mense met diabetes te eet?

Ons het dit saamgevat in nuttige raad oor kos wat volgens ons vir almal met (of selfs sonder) diabetes sal help.

Sweet Life se raad oor diabetes en kos is eenvoudig:
Eet onverwerkte kosse. Hope groen groente.
Verlaag jou inname van koolhidrate. Sny verfynde koolhidrate uit.
Geniet jou kos!

Eet onverwerkte kosse

Kos wat goed vir jou liggaam en geskik vir mense met diabetes is, behoort nie in ’n verpakking te wees of ’n lang lys onverstaanbare bestanddele te hê nie. Dit moet so na as moontlik aan natuurlik wees – onverwerkte kos is die ideaal. As jy die bordmodel gebruik, beteken dit ’n kwart van jou bord sal gevul word met proteïen (hoender, vis, eiers, vleis, peulgewasse); ’n kwart met volgraan, lae-GI-stysels (as jy koolhidrate eet); en die helfte van die bord met groen, donkergroen blaargroente. As jy ’n laekoolhidraat-eetplan volg, kan jy die stysel weglaat.

healthy plate of food: the plate model

Vir proteïen is dit byvoorbeeld gesonder om ’n hoenderborsie te kies as hoenderstukkies in krummels (nuggets), wat verwerk is, en patat is ’n gesonder styselkeuse as oondgebakte tjips (maar steeds gesonder as slaptjips). Al is dit nie ’n presiese wetenskap nie, kan jy steeds deurentyd gesonder kosse kies – jou bloedsuikervlakke sal jou bedank.

Hope groen groente

Groente is wonderlik en behoort die helfte van jou bord te vul vir middag- en aandete. Onthou net, ons praat nie van groente soos botterskorsies, aartappels en ander styselagtige groente wat jou bloedsuiker sal opstoot nie. Enige nie-styselagtige groente (maak nie saak watter kleur nie) is wenners.

Laekoolhidraat-groente (nie-styselagtig) sluit groenboontjies, blomkool, spinasie, blaarslaai, krulkool, komkommer, Brusselse spruitjies, tamaties, kool, broccoli, aspersies en sampioene in.

Verlaag jou koolhidrate

Ons glo nie aan ’n streng koolhidraatvrye eetplan nie, maar dit is duidelik dat stysel jou bloedsuiker opstoot. Dit is dus nodig om die regte balans vir jóú te vind. As jou gesin spaghetti bolognese vir aandete eet, kan jy byvoorbeeld meer groente en minder (of geen) pasta eet. Of jy kan ’n hamburger sonder die broodrolletjie geniet, maar met lekker baie bykosse. As jy stysel uit ’n maaltyd kan sny sonder om dit onsmaaklik te maak, doen dit.

Dit is nie nodig om die stysel met spesiale (dikwels duur) laekoolhidraat-opsies te “vervang” nie. Probeer eerder om jou bord met meer groente en proteïen te vul sodat daar minder plek vir stysel is. 

healthy plate of food for people with diabetes

Sny verfynde koolhidrate uit

Dit is goeie advies vir die lewe – nie net vir mense met diabetes nie. Verfynde (verwerkte) koolhidrate – soos witbrood, witrys, oliebolle, koekies, koek, vetkoek, tjips, pizza, lekkergoed en so meer – is gemorskos. Jy weet dit. Al hierdie “kosse” maak jou siek. Sny dit sover moontlik uit jou daaglikse dieet.

Verfynde koolhidrate sluit in:

  • Witbrood
  • Witrys
  • Madumbe
  • Pap
  • Pasta
  • Pizza
  • Pasteie
  • Tjips en slaptjips
  • Koek
  • Koekies en beskuitjies
  • Fyngebak (oliebolle, muffins, vetkoek)
  • Koeldrank (bruisdrankies, energiedrankies, alle vrugtesappe)
  • Lekkergoed
  • Sjokolade
  • Roomys
  • Die meeste ontbytgrane, ook mielievlokkies)
foods to avoid if you're living with diabetes

Dit is ’n goeie plan om ál hierdie kosse uit te sny, behalwe by spesiale geleenthede. Maar dit is moeilik – ons weet. Niks op hierdie lys is egter gesonde opsies vir diabete nie.

As ’n spesiale geleentheid opduik waar jy graag ’n sny koek wil geniet, kan jy altyd self die koek bak. Dan weet jy presies wat die bestanddele is en jy kan die hoeveelheid suiker aanpas. Jy kan ook die porsiegrootte bepaal. (Wenwenk: Jy kan ’n derde van die hoeveelheid suiker uit ’n resep vir fyngebak sny sonder dat dit enige verskil maak.)

Hou ’n ogie op porsiegroottes

’n Porsie is hoeveel van ’n kossoort jy eet: hoeveel jy vir jouself skep. Dit is belangrik om porsiegroottes te verstaan sodat jy die regte hoeveelheid van elke kossoort eet. Ons het ’n gratis Gids vir Gesonde Kos saamgeslaan wat jou presies sal wys watter kossoorte om vir elke maaltyd te kies en wat gesonde hoeveelhede van elk is. Loer ’n bietjie hier en laai dit gratis af.

Skep áltyd jou kos op ’n bord. Moet dit nooit direk uit die verpakking of van opdienborde af eet nie, anders sal jy nie weet hoeveel jy regtig eet nie.

Sweet Life Diabetes-Gemeenskap
what should people with diabetes eat? how to enjoy your food

Kies die eetplan wat vir jóú werk

Almal met diabetes is verskillend – en nie net omdat hulle tipe 1- of tipe 2-diabetes het nie. (Hier is die verskil tussen die twee.) Wat vir jou werk, kan dalk nie vir iemand anders met diabetes werk nie, en dit is heeltemal in die haak. Onthou, uiteindelik is daar nie iets soos een enkele diabetes-eetplan wat die beste is nie.

Gewoonlik gaan die meeste kopkrappery oor laekoolhidraat-diëte. Is dit ’n goeie idee? Dit behels basies om koolhidrate uit jou dieet te sny sodat jou bloedsuikervlakke meer stabiel bly – nader aan normale bloedsuikervlakke.

Hierdie inligting sal jou help om te besluit wat vir jou werk:

’n Maklike manier om die koolhidraat-inhoud laag te hou: Kyk hoe jy minder koolhidrate kan begin eet sonder om jou dieet geheel en al te verander. 

Die laekoolhidraat-spens: Alles wat jy in jou kombuis benodig as jy ’n laekoolhidraat-maaltydplan wil volg.

Laai gratis laekoolhidraat-maaltydplanne af: Laekoolhidraat-maaltydplan vir 7 dae / Banting-maaltydplanne om af te laai.

Wanneer ons oor gesonde kos vir diabete gesels, is een van die groot vrae op almal se lippe of vrugte toelaatbaar is of nie. Gebruik dié nuttige vrugtegids vir diabete om jou te help besluit.

Sweet Life Diabetes-Gemeenskap
what should people with diabetes eat?

Geniet jou kos!

Ons glo hieraan. Diabetes is ’n chroniese siekte, wat beteken dit is lewenslank. Dit is nie moontlik om vir die res van jou lewe op ’n dieet te gaan nie – dit is veel meer sinvol om maniere te kry om gesonde kos lekker te maak sodat jy dit geniet. Die uitdaging is om uit te pluis wat alles vir jou werk en dit deel van jou daaglikse eetplan te maak.


Of course, enjoying your food means making exceptions now and again, too. We’re not robots! The most important thing is to keep portions in mind when you’re making exceptions, so you don’t have a crazy blood sugar spike.

Natuurlik beteken dit dat ’n mens nou en dan uitsonderings sal maak. Nie een van ons is ’n robot nie. Dit is net belangrik om porsiegroottes in gedagte te hou wanneer jy wel ’n uitsondering maak sodat jou bloedsuikervlakke nie die hoogte inskiet nie.

Take a look at the Sweet Life 7 Day Meal Plan: A 100% South African meal plan, for you.

Loer ’n bietjie na die Sweet Life Diabetiese Maaltydplan vir 7 Dae: ’n 100%- Suid-Afrikaanse maaltydplan net vir jou. 

Wat dink jy behoort mense met diabetes te eet?

Daar het jy dit: ’n raamwerk van gesonde kos vir diabete sodat jy presies weet wat om te kies om so gesond moontlik te voel. Moenie vergeet om by South Africans with Diabetes aan te sluit nie, en deel gerus jou idees vir diabetes-geskikte maaltye en gesonde eetwenke. 

Wat van jou – wat dink jy? Almal beleef diabetes verskillend, en ons sal graag meer wil hoor oor jou ervaring. Laat weet gerus in die kommentaar hier onder, of op Facebook of Instagram, sodat ons almal by mekaar kan leer.


Discover more from South Africans with Diabetes

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

SHARE THIS ARTICLE
What to read next
Join South Africans with Diabetes on Facebook

Join our diabetes community

Be First to Comment

What do you think?

Sweet Life is a registered NPO/PBO (220-984) with a single goal: to improve diabetes in South Africa. We are funded by sponsorships and donations from aligned companies and organisations who believe in our work. We only share information that we believe benefits our community. While some of this information is linked to specific brands, it is not an official endorsement of that brand. We believe in empowering people with diabetes to make the best decisions they can, to live a healthy, happy life with diabetes.

Our best tips for living well with diabetes, right in your inbox.

The one email everyone with diabetes in South Africa should be reading. Once a month, no more.