Dis ’n goeie vraag! Wat ís ’n normale bloedsuikervlak, en waarvoor moet diabate mik?

Diabetes is omtrént ’n balanseertoertjie – as jou bloedsuikervlak te hoog is, is daar langtermyn-implikasies; en wanneer dit te laag is, het jy noodhulp nodig. Die ideale speling is in die middel.
Normale bloedsuiker-reikwydte
Diabete se mikpunt is 4 mmol/l tot 7 mmol/l. Enigiets laer as 4 mmol/l (veral laer as 3 mmol/l) is laag (hipoglisemie), wat onmiddellik gevaarlik is en kan lei tot ’n noodgeval waarin jy jou bewussyn verloor.
Tussen 7 mmol/l en 10 mmol/l is ook ’n goeie reikwydte. Sommige dokters en diabete verkies egter strenger beheer en om nie 9 mmol/l te oorskry nie. Hoër as 10 mmol/l is te hoog.

Hoe om jou bloedsuikervlakke te beheer
Hier is ’n paar dinge wat jy kan doen as jy sukkel om jou mikpunt te behaal:
- Verander jou dieet. Eet jy ’n gesonde diabetes-dieet? Moet jy koolhidrate (stysels) uitsny om jou bloedsuikervlakke te beheer? Hier’s ’n eenvoudige manier om ’n laekoolhidraat-hoëvet-eetplan te volg.
- Oefen. Dit maak nie saak watter tipe oefening jy kies nie – dis net belangrik dat jy elke dag vir 20-30 minute aktief is. Loer hier na prettige maniere om fiks te word.
- Neem jou medikasie. Dis noodsaaklik vir goeie bloedsuikerbeheer dat jy jou medikasie gereeld neem. As die medisyne jou sleg laat voel, moet jy dit met jou dokter bespreek.
- Sluit by ’n gemeenskap aan. Ander diabete se ondersteuning is van onskatbare waarde soos wat jy elke dag dié paadjie stap. Diabetic South Africans is Suid-Afrika se grootste aanlyn gemeenskap vir diabete – sluit by ons aan!

Doen net jou bes
Ons almal se lewe verskil, en ons bloedsuikervlakke reageer verskillend op verskillende dinge. Doen net jou bes – dis al wat jy kan doen. Ons is almal saam hierin!
Discover more from South Africans with Diabetes
Subscribe to get the latest posts sent to your email.





My Dr.verkies nie hoër as 6mmol.
That is ideal!
As ek nie n diabete is nie, is dit normaal as my suiker 8.9 is
Hi Sanet!
That is quite high – it’s best to check with a clinic sister or doctor another time to see if it remains that high. Had you just eaten or drunk something sweet? That can affect blood sugar.
It could also be prediabetes, which is when you’re at risk of developing Type 2 diabetes but have not yet developed it – you can turn that around: https://sweetlife.org.za/2-in-3-south-africans-have-prediabetes-heres-how-to-turn-it-around/
Ek is ‘n tipe 2 diabeet en as gevolg van kolonkanker en die feit dat ek net ‘n baie klei gedeelte van my kolon oor het en die elio klep ook verwyder is en my galblaas, het ek kroniese diarree. Die pille is vir my voorgeskryf 2017 en ek het amper in die hospitaal beland as gevolg van erger diarree, ek moes dadelik die pille los. En leer om regte eet wat ek ook moet doen as gevolg van die kroniese diarree. Tog bly my suiker vlakke hoog (9.2) vanoggend. Ek eet geen vet, niks wat gediep braai word in olie nie, geen room Mayonnaise spek souse sjokolade witbrood teveel goed wat ek nie eet om hier optenoem ek drink wel baie tonic water en natuurlik sonder die alkohol, dis al wat my dors les. Het julle vir my raad asb?
My medikasie is Questran lite daagliks ( vir die diarree)
Pantor ook daagliks
Epos: bakula.susan@yahoo.com
Gosh, this sounds so hard Susan! You’ve been through a lot. I think it’s probably best to go to a dietician seeing as you have a few different conditions to deal with. I know that tonic water is often high in sugar, are you choosing the sugar-free option? Here is a list of specialists (including dieticians) that our community recommends: https://sweetlife.org.za/the-best-diabetes-specialists-in-south-africa/
Good luck! Please let us know how it goes.