Heerlike resepte vir diabete
Ons het saam met Pick n Pay ’n kookboek geskep wat spesifiek is vir diabete wat idees vir elke maaltyd benodig. Ontbyt, middagete, aandete, peuselhappies en lekkernye – daar’s iets vir almal!

Gesonde etes
Kry voedingsraad en wenke om gebalanseerde maaltye saam te slaan, asook resepte waaraan die hele gesin kan smul – of hulle nou diabetes het of nie. Laai jou gratis kopie af (klik op “Download” hier onder) of lees dit aanlyn.
Hoekom ons ’n kookboek vir diabete gepubliseer het
Besoek ons gemeenskapsblog vir nóg nuttige raad – en alle aspekte van ’n gesonde lewe met diabetes. Daar’s artikels, dieetkundige wenke, oefenidees en allerhande maniere om ’n gesonde en gelukkige leefstyl te geniet.
Ons wou nog altyd ’n Sweet Life-kookboek vir diabete publiseer, en is so bly dat ons uiteindelik een het wat ons met julle kan deel. Die feit dat jy ’n diabeet is, beteken nie jy kan net vervelige kos eet nie. Die resepte in dié kookboek vir diabete is so liplek-lekker dat die hele gesin sal wil saam eet. Uiteindelik is daar nie regtig iets soos ’n “diabetes-dieet” nie – ons behoort almal hierdie soort kos te eet, of ons nou diabetes het of nie.
Sluit aan by ons diabetes-gemeenskap
Laat ons weet wat jy van die kookboek vir diabete dink, en watter resepte jy in die toekoms sou wou sien! Stuur vir ons ’n e-pos of sluit aan by Diabetic South Africans op Facebook.
Discover more from South Africans with Diabetes
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Awesome idea. My child has just been diagnosed with type 1 diabetes. Zineldi and she is 8 years old
That’s hard, Juan… Have you seen our Type 1 AMA (Ask Me Anything) event this Thursday? Please join us if it suits you – https://sweetlife.org.za/type-1-ama-ask-me-anything/