Skip to content

Vrugtegids vir diabete: die beste lys porsiegroottes nóg

Mag diabete vrugte eet? Dit is iets wat baie mense in ons diabetesgemeenskap vra. Ons het die dieetkundige en diabetes-opvoeder Louise Ferreira vir wenke genader.

can diabetics eat fruit

Alles oor vrugte 

Vrugte is ’n goeie bron van talle noodsaaklike vitamiene en minerale soos kalium, vitamien C en foliensuur, asook vesel. Hierdie voedingstowwe is belangrik vir die voorkoming van siektes, ’n gesonde spysverteringstelsel, en ’n gesonde vel en hare. As jy diabetes het, mág en móét jy vrugte eet. Kyk hier hoe jy kan keer dat dit jou bloedsuikervlakke opstoot.

Mag diabete vrugte eet?

Vrugte kan vars, gevries, geblik, gedroog en versap geniet word. Dit is egter wys om vrugte onverwerk en vars te eet. Hier is die redes:

  • Sap: Wanneer sap uit vrugte druk word, gaan baie vesel en voedingstowwe verlore, en die sap word ’n verfynde koolhidraat.
  • Gedroog: Gedroogde vrugte laat porsies kleiner lyk en dit verhoog die versoeking om meer as een of twee porsies te eet.
  • Geblik: Vrugte in blikkies word dikwels ingelê met ekstra suiker, wat vermy moet word.

Porsiebeheer vir vrugte

Oor die algemeen moet die meeste mense mik vir twee tot drie porsies vrugte per dag. (Onthou egter dat elke mens verskil, en as vrugte neig om jou bloedsuikervlakke op te stoot, moet jy liefs na jou liggaam luister.) Elke porsie vrugte bevat 15 g  koolhidrate – vir diegene wat koolhidrate tel om hul insuliendosis te bereken.

Een vrugteporsie is:

  • 1 klein tot mediumgroot vars vrug;
  • 125 ml (½ koppie) geblikte vrugte of vrugtesap; of
  • ¼ koppie droë vrugte.

Elke porsie vrugte bevat 15 g  koolhidrate – vir diegene wat koolhidrate tel om hul insuliendosis te bereken.

Appels, met skil1 klein (120 g)
Appelkose4 mediumgroot (150 g)
Piesang1 klein (80 g)
Kersies12 (100 g)
Vye2 groot (100 g)
Vrugteslaai½ koppie (125 ml) 
Grenadellas6 groot (200 g)
Pomelo’s1 mediumgroot (230 g)
Druiwe15 klein (100 g)
Koejawels2 groot (300 g)
Kiwivrugte1 groot (110 g)
Mango’s½ klein (½ koppie ) 
Lemoene1 mediumgroot (180 g)
Papaja, blokkies1½ koppies (175 g)
Perskes of nektariens1 mediumgroot (180 g)
Waatlemoen1 sny (250 g)
Waatlemoen, blokkies1¼ koppie (250 g)
Nartjies2 mediumgroot (150 g)
Aarbeie  koppie (300 g)
Pynappels3 dun snye (125 g)
Pynappels, blokkies¾ koppie (125 g)
Turksvye2 groot (180 g)
Pere1 klein (100 g)
Pruimedante3 klein (25 g)
Pruime2 groot (150 g)

Daar het jy dit! Mag diabete vrugte eet? Ja – mits hulle porsies versigtig benader en dit nie hul bloedsuikervlakke te veel opstoot nie.

Wat dink jy? Eet jy vrugte?


Discover more from Sweet Life

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

SHARE THIS ARTICLE
What to read next
Join South Africans with Diabetes on Facebook

Join our diabetes community

2 Comments

  1. carolgouws139 carolgouws139

    Thank you i needed this God bless

What do you think?

Our best tips for living well with diabetes, right in your inbox.

Don’t miss your free diabetes newsletter

Sign up for quick monthly updates: