Skip to content

Sweet Life se 7-dae-maaltydplan vir diabete

Op soek na ’n maaltydplan vir 7 dae wat gesond, sakpas én liplek-lekker is? Ons het die ideale een vir jou.

’n Gesonde manier om te eet 

As daar een vraag is wat ons heeltyd op South Africans with Diabetes kry is dit: Het julle ’n maaltydplan? Ja, ons het! 

Ons het dieetkundiges in die openbare en private sektor gevra om ons te help om ’n maaltydplan saam te stel wat gesond, sakpas en liplek-lekker is. Hier is ’n voorgestelde maaltydplan met idees vir 7 ontbyte, middagetes en aandetes wat jy self kan maak.

Dit is egter belangrik om te onthou dat dit nie sinvol is om net een maaltydplan te hê nie, want almal volg tog ’n verskillende dieet en smaak verskil. Sommige van ons is vegetariërs, sommige eet tradisioneel, ander eet hoofsaaklik Indiese kos en party het ’n sakpas plan nodig. 

Die gids hier onder wys wanneer, wat en hoeveel jy moet eet om die voedingstowwe in te neem wat jy nodig het om jou bloedsuikervlakke binne jou teikens te hou.

Hoe ons dié Gesonde Maaltydplan vir 7 Dae saamgestel het:

  • Ons wou meer nie-styselagtige groente soos spinasie, broccoli en groenboontjies insluit.
  • Ons het daarop gefokus om – waar moontlik – meer onverwerkte kosse eerder as verwerkte voedsel in te sluit.
  • Ons het minder produkte van verfynde graan, soos pasta en witbrood, ingesluit.
  • Ons wou seker maak al die bestanddele is vrylik beskikbaar vir die meeste Suid-Afrikaners.

7 Dae se Gesonde Etes vir Diabete

Hier is die maaltydplan in meer besonderhede: 

Laai Sweet Life se 7-dae-maaltydplan vir diabete hier af: 

Verstaan die bordmodel 

Die bordmodel is ’n eenvoudige en visuele manier om seker te maak jy eet genoeg nie-styselagtige groente en maer proteïen – en beperk jou inname van hoëkoolhidraat-kossoorte wat die grootste impak op jou bloedsuiker het.

the healthy plate model for diabetes

Dié gids sal jou help om die bordmodel te gebruik:

  1. Vul die helfte van die bord met ’n verskeidenheid groente.
    Spinasie, wortels, blaarslaai, lemoenpampoentjies, wortels, ertjies, botterskorsie, beet, kool, groenboontjies, broccoli, blomkool, tamaties, komkommer, sampioene, soetrissies, aspersies, eiervrug en murgpampoentjies is alles goeie keuses.
  2. Vul een kwart van die bord met volgraan-, hoëvesel-, lae-GI-stysel.
    Mielies, gerolde hawermout, hoëvesel-ontbytgraan, bulgur (gebreekte koring), stampkoring, bruin wilderys, patats, botterskorsie, baba-aartappels, swaar saad- of rogbrood en volgraan-kraakbeskuitjies is alles gesonde keuses.
  3. Vul die laaste kwart van die bord met proteïen.
    Hoender en kalkoen sonder vel, vis en ander seekos, maer snitte beesvleis en varkvleis (lendeskyf, filet of varklendestuk), tofu, soja, eiers en peulgewasse (lensies, droë bone en kekerertjies). Vermy verwerkte vleis (soos salami, Weense worsies, polonie) propvol sout en versadigde vette.

Laat weet ons wat jy van die maaltydplan dink. Kom ons gesels daaroor.


Discover more from Sweet Life

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

SHARE THIS ARTICLE
What to read next

The CGM Accuracy Checklist

Finding the right continuous glucose monitor (CGM) can be a challenge… Luckily, SA Diabetes Advocacy has developed a checklist to help us make informed decisions

Read More
Join South Africans with Diabetes on Facebook

Join our diabetes community

Be First to Comment

What do you think?

Our best tips for living well with diabetes, right in your inbox.

Don’t miss your free diabetes newsletter

Sign up for quick monthly updates: