Baie mense sukkel met hoë bloedsuiker en vind dit moeilik om hul diabetes te beheer. Weet jy egter wat die simptome is? Jy sal binnekort! Lees verder…
Wat is hoë bloedsuiker?
Hoë bloedsuiker (hiperglisemie) is wanneer bloedsuikervlakke 10mmol/l oorskry. (Ter herinnering van wat normale ’n normale bloedsuikervlak is, loer hier.
Dit kan veroorsaak word deur:
- Kos: as jy kos eet wat te veel suiker of koolhidrate bevat.
- Medikasie: wanneer jy nie genoeg insulien ingespuit het nie, of die verkeerde dosis orale medikasie gebruik het.
- Ongediagnoseerde diabetes. Mense kry dikwels hoë bloedsuiker voor hulle met diabetes gediagnoseer word.
- 42 ander faktore wat bloedksuiker beïnvloed!
Hoe insulien werk
Mense met tipe 1-diabetes benodig daagliks insulienbehandling en dit word toegedien met inspuitings of ’n insulienpomp. Mense met tipe 2-diabetes kan ook insulien gebruik as hul dokters dit aanbeveel.
Insulien is soos ’n sleutel wat help om glukose van jou bloedstroom na jou selle te vervoer, waar dit opgeneem word om energie vir jou liggaam te produseer. Sonder insulien sal glukose nie na jou selle vervoer word nie en lei tot hoë bloedsuiker.
Insulienweerstandigheid (wanneer jou liggaam insulien nie behoorlik gebruik nie) kan ook hoë bloedsuiker veroorsaak. Metformin is ’n algemene orale medikasie wat help om insulienweerstandigheid te verminder.
Simptome van hoë bloedsuiker
Verskillende mense toon verskillende simptome van hoë bloedsuiker.
- Baie mense is uitermatig dors: met soveel glukose in jou bloed sal jou liggaam dit met water probeer verdun, en jy sal meer water drink.
- Dit sal ook beteken dat jy meer gereeld urineer.
- Dit is algemeen om moeg te voel omdat glukose in die bloedstroom bly en nie jou selle bereik waar jou liggaam dit kan omsit in energie nie.
- Baie mense beleef hoofpyne en slegte visie.
- Gewigsverlies nadat jou bloedsuikervlakke vir lank hoog was, en jy geen energie het omdat glukose nie by jou selle uitkom nie.
- Naarheid en braking kan tekens van gevaarlik hoë bloedsuiker wees.
Wat dink jy?
Toon jy enige van die simptome van hoë bloedsuiker? As jou bloedsuikervlakke hoog bly en jy sukkel om dit te beheer is dit tyd om jou dokter of kliniek te besoek.
Sluit aan by ons gemeenskap om ander mense met diabetes te ontmoet!
Discover more from Sweet Life
Subscribe to get the latest posts sent to your email.





Be First to Comment