Wil jy weet hoe om tipe 2-diabetes om te keer? Lees verder! Ons het raad – direk van die kundiges.
As jy pas met tipe 2-diabetes gediagnoseer is of talle risikofaktore het, wil jy waarskynlik weet of ’n mens dit kan omkeer. Die kort antwoord is: ja.
Hoe om tipe 2-diabetes om te keer
Dit help om betyds gediagnoseer word. As jy risikofaktore het en die gevaar vir tipe 2-diabates loop, of ’n diabetes toets laat doen het en jou bloedglukosevlak is hoër as normaal, dan is dit tyd vir verandering. Die belangrikste eerste stap is om jou dokter te raadpleeg oor jou bloeduitslae en wat dit beteken. Daarna kom drie leefstylveranderinge aan die beurt:
- Eet gesonde kos
Die regte soort kos – en die regte hoeveelhede daarvan – maak ’n reuse impak op ’n mens se bloedsuikervlakke. So as jy wonder hoe om tipe 2-diabetes om te keer – verander jou dieet! Maar wat beteken dit? Dit behels dat ’n mens suiker, gemorskos en verfynde koolhidrate vermy (kos soos witbrood, wit pasta, witrys, koek, koekies, lekkergoed en wegneeemetes.) Hier is ’n eenvoudige Gids vir Gesonde Kos wat vir jou sal wys wat om te eet, en hoeveel.
- Oefen daagliks ’n bietjie
Fisieke aktiwiteit is só belangrik vir beter bloedsuikerbeheer – en om te help om tipe 2-diabetes om te keer. Jy hoef nie by ’n gimnasium aan te sluit nie, maar dis raadsaam om elke dag litte los te maak. Dit kan ’n groot verskil maak as jy elke dag selfs net ’n halfuur gaan stap in die buurt of tuis rek en strek.
- Verloor gewig indien nodig
’n Oormaat vet, veral in die maag area (ook bekend as as ingewandsvet), lei dikwels tot tipe 2-diabetes. Hoekom? Oormatige liggaamwvet in die buik verhoog jou risiko vir insulienweerstandigheid, wat met tipe 2-diabetes gepaard gaan. Lees hierdie nuttige artikel om meer uit te vind oor insulienweerstandigheid.
’n Resep om tipe 2-diabetes om te keer
Dit is regtig só eenvoudig.
Hoe keer ’n mens tipe 2-diabetes om?
Werk saam met jou dokter + eet gesonde kos + oefen daagliks ’n bietjie + verloor gewig indien nodig.
Dit mag eenvoudig wees, maar dit is natuurlik nie maklik nie! Dit help egter om deel te wees van ’n groep mense wat almal in presies dieselfde bootjie is. South Africans with Diabetes is ’n Facebook gemeenskap waar ons gesels, idees uitruil, wenke deel en vir mekaar raad gee oor hoe om gesond en gelukkig met diabetes te leef. Sluit gerus by ons aan!
Risikofaktore vir tipe 2-diabetes (in 1 minuut!)
Nie seker wat die risikofaktore vir tipe 2-diabetes is nie? Hier is hulle!
Sluit aan by ons gemeenskap om met ander mense in dieselfde situasie te gesels!
Wil jy eerder na hierdie inligting luister?
Hier is ’n episode van ons potgooi daaroor!
Foto deur Jason Briscoe op Unsplash
Discover more from Sweet Life
Subscribe to get the latest posts sent to your email.





Be First to Comment