Skip to content

Gratis Diabetes-Handleiding

Ons het met Pick n Pay saamgespan om vir jou ’n gratis diabetes-handleiding te skep wat jou sal help om ’n gesonde, gelukkige lewe met diabetes te lei. Dis tydens November gratis by alle Pick n Pay Apteke beskikbaar.

Nuttige diabetes-handleiding

Kry allerlei inligting en wenke – van wat om te doen wanneer diabetes pas by jou gediagnoseer is tot die basiese beginsels van diabetes, flitsfeite oor sorg vir jou oë en voete, en wat jy moet weet wanneer jy reis. Daar’s ook heerlike resepte, ’n heilsame maaltydplan, oefeninspirasie en motivering vir ’n gesonde leefstyl as ’n diabeet.

Hulp en hoop vir diabete

Sweet Life is reeds agt jaar oud en ons is so trots op ons gemeenskap. Ons webtuiste en Facebook-blad bied hulp, raad en ’n plek waar jy en ander diabete jul ervarings kan deel.

Dié diabetes-handleiding is veral geskik vir diegene wat pas gediagnoseer is. Wanneer ’n mens uitvind dat jy diabetes het, voel dit asof jy die enigste een met die siekte is. Ons is hier om jou te verseker dat jy nie nie alleen is nie, en dat ons hier is om jou te help – met elke treetjie.

Al ons waardevolste wenke vir ’n lewe met diabetes word in dié handIeiding vervat. Jy kan dit hier aanlyn lees, of ’n kopie aflaai (klik op “Download”).


Discover more from Sweet Life

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

SHARE THIS ARTICLE
What to read next
Join South Africans with Diabetes on Facebook

Join our diabetes community

Be First to Comment

What do you think?

Our best tips for living well with diabetes, right in your inbox.

Don’t miss your free diabetes newsletter

Sign up for quick monthly updates: