Skip to content

Die beste diabetes-vriendelike drankies

Ons het die dieetkundige Genevieve Jardine genader om dié vraag oor diabetes-vriendelike drankies vanuit Diabetic South Africans-geledere te beantwoord: “My dogter gebruik insulien-inspuitings, maar kan nie vir elke koeldrank wat sy wil drink inspuit nie. Almal sê aspartaam is sleg vir ’n mens, so wat kan sy drink afgesien van water?” – Di-ann Reid

Diabetes-vriendelike drankies

Baie van die oortollige suiker in ons moderne dieet is afkomstig van drankies met ’n hoë sukrose- en fruktose-inhoud: gewone bruisdrankies, energiedrankies, asook vrugtesap. Hulle beïnvloed nie net jou bloedsuikervlakke nie, maar verhoog ook jou energie-inname, wat tot gewigstoename lei. Dis hoekom dié drankies slegte nuus vir diabete is.

So wat kan jy nog drink?

Kunsmatig versoete dieetdrankies

Hulle bevat omtrent geen kilojoules nie en verhoog ook nie jou bloedsuikervlakke nie. Die meeste van hulle bevat egter aspartaam – wat al vir baie jare gedebatteer word. Alhoewel aspartaam al verbind is met ’n verhoogde risiko vir kanker, gemoedsteurnisse en selfs diabetes, is niks bewys nie, en die Amerikaanse kos-en-medisyne-administrasie (FDA) het drankies wat aspartaam bevat goedgekeur – mits dit ’n beperkte daaglikse inname behels. Dit is dus ’n goeie idee om die hoeveelheid kunsmatig versoete drankies wat jy inneem te beperk – veral as jy ander versoeters in tee en koffie gebruik.

Vrugtesap

Vrugtesap veroorsaak dikwels verwarring onder diabete weens etikette wat sê dat daar geen suiker bygevoeg is nie. Al word geen suiker bygevoeg nie, bevat vrugtesap baie fruktose, wat bloedsuikervlakke kan opstoot. Boonop is dit ’n gekonsentreerde vorm van natuurlike suiker wat van vrugte afkomstig is – jy neem al die suiker in, maar niks van die vesel wat goed is vir jou nie. ’n Klein glas vrugtesap kan dubbel soveel suiker as ’n stukkie vrugte bevat!

Wenk: Kyk altyd na die totale koolhidraatinhoud (per porsiegrootte) – nie net die suikerinhoud nie – wanneer jy kosetikette lees.

Hier’s ’n paar idees vir drankies met of sonder kunsmatige versoeters:

Een-per-dag-drankies – laag in koolhidrate, met kunsmatige versoeters

  • Dieet-bruisdrankies (Tab, Coke Light, Coke Zero, Sprite Zero, Fanta Zero, ens.)
  • Dieet-vrugtestroop (Brookes Low-Cal, ens.)
  • Ligte ystees (Lipton Iced Tea Lite, ens.)
  • Ligte gegeurde mineraalwater

Alledaagse drankies – laag in koolhidrate, geen kunsmatige versoeters

  • Vars uitgedrukte suurlemoensap in yskoue water
  • Warm of koue gegeurde kruietees (geen bygevoegde suikers)
  • Alle ongegeurde bruiswater
  • Water waarin gekapte vars vrugtestukke (soos aarbeie, suurlemoene en lemoene) geweek is – vir ’n vrugtegeur sonder suiker.

Bederfdrankies – medium-koolhidraatinhoud

Dié opsies bevat 6-8 g koolhidrate per drankie – die helfte van gewone drankies!

  • 200 ml tamatiesap (lae GI)
  • 150 ml Lamberti’s se lae-GI-sap
  • 100 ml Energade Champ (lae GI)

Wat dink jy is ’n diabetes-vriendelike drankie? Vertel ons op Diabetic South Africans!


Discover more from South Africans with Diabetes

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

SHARE THIS ARTICLE
What to read next
Join South Africans with Diabetes on Facebook

Join our diabetes community

Be First to Comment

What do you think?

Sweet Life is a registered NPO/PBO (220-984) with a single goal: to improve diabetes in South Africa. We are funded by sponsorships and donations from aligned companies and organisations who believe in our work. We only share information that we believe benefits our community. While some of this information is linked to specific brands, it is not an official endorsement of that brand. We believe in empowering people with diabetes to make the best decisions they can, to live a healthy, happy life with diabetes.

Get all the latest diabetes news - for free!

Once a month, we'll send you a quick diabetes update.
It's the one newsletter everyone with diabetes in SA should be reading.