10 vinnige feite oor die HbA1c-bloedtoetsWeet jy wat ’n HbA1c-bloedtoets is? Jy sal binnekort!
Almal met diabetes behoort elke paar maande ’n HbA1c-toets te ondergaan. Hier is alles wat jy moet weet.
- HbA1c staan vir hemoglobien-A1c, ook bekende as geglikeerde hemoglobien.
- Wat beteken dit? HbA1c vorm wanneer glukose vasklou aan die hemoglobien in jou rooibloedselle.
- Hoe langer die glukose in die bloed verhoog is (hoe langer jy dus hoë bloedsuiker het), hoe hoër sal die HbA1c wees. Dit is omdat daar meer glukose beskikbaar is om is om aan die hemoglobien te heg.
- Rooibloedselle leef 100 tot 120 dae (3 tot 4 maande) voordat dit vervang word. Die HbA1c kan jou dus ’n ruwe skatting gee van jou gemiddelde bloedglukose die afgelope 3 maande.
- Die HbA1c-bloedtoets kan gedoen word sonder dat jy oornag gevas het. Die toetsresultate verander nie, selfs al het jy pas geëet.
- Die HbA1c word as ’n persentasie gemeet: 7% of laer is die wenslike getal waarna jy moet mik. Dit is baie moeilik!
- 7% HbA1c = ’n gemiddelde bloedsuiker van 8,6 mmol/l. (Kyk hier onder vir al die ander gemiddeldes.)
- Mense met sowel tipe 1- as tipe 2-diabetes behoort hul HbA1c elke 3 tot 6 maande te laat toets, na gelang van die vlak. Elke 3 maande as jou laaste toets bo 7% was, elke 6 maande as dit op of minder as 7% is.
- Hoe hoër die HbA1c, hoe groter die risiko dat jy diabetes-komplikasies kan ontwikkel.
- Almal met diabetes moet weet wat hul jongste HbA1c-getal is en elke paar maande ’n HbA1c-bloedtoets by hul plaaslike kliniek of hospitaal te ondergaan. Dit is ’n eenvoudige toets met ’n bloedmonster.
Wanneer laas het jy ’n HbA1c-toets gehad? Kom ons praat daaroor!
HbA1c-resultate en gemiddelde bloedsuikerlesings
| HbA1c-resultaat | Gemiddelde bloedsuiker |
| 6.5% | 7.8 mmol/l |
| 7% | 8.6 mmol/l |
| 7.5% | 9.4 mmol/l |
| 8% | 10.1 mmol//l |
| 8.5% | 10.9 mmol/l |
| 9.0% | 11.8 mmol/l |
| 9.5% | 12.6 mmol/l |
| 10% | 13.4 mmol/l |
| 10.5% | 14.2 mmol/l |
| 11% | 15.1 mmol/l |
| 11.5% | 15.8 mmol/l |
| 12% | 16.6 mmol/l |
Discover more from Sweet Life
Subscribe to get the latest posts sent to your email.





Be First to Comment