Daar’s een vraag wat ons heeltyd op Diabetic South Africans kry: Het julle ’n maaltydplan? Ja, ons het – hier’s dit. Maar een ete maak nie sin nie, want ons volg almal verskillende diëte en het verskillende smake. Sommige van ons is vegetaries, sommige eet tradisioneel, ander eet hoofsaaklik Indiese kos en party het ’n begrotingsvriendelike plan nodig.
Dis hoekom ons so opgewonde is dat ons hierdie vyf maaltydplanne by Sanofi kon kry, met idees vir alles van ’n Westerse dieet tot ’n sakpas-dieet. Loer ’n bietjie na die planne hier onder en laai hulle af vir meer besonderhede.
Die bord-model
Dié maaltydplanne gebruik die bord-model om jou met porsiebeheer te help. Die idee is om jou bord in vier te verdeel.
- Vul die helfte van die bord met ’n verskeidenheid groente.
Spinasie, wortels, blaarslaai, lemoenpampoentjies, ertjies, botterskorsie, beet, kool, groenboontjies, broccoli, blomkool, tamaties, komkommer, sampioene, soetrissies, aspersies, eiervrug en murgpampoentjies is alles goeie keuses. - Vul een van die kwarte met volgraan-, hoëvesel-, lae-GI-stysels.
Mielies, gerolde hawermout, hoëvesel-ontbytgraan, bulgurkoring, stampkoring, wilde bruinrys, patats, baba-aartappels, swaar saad/rogbrood en volgraan-kraakbeskuitjies is alles gesonde keuses. - Vul die laaste kwart van die bord met proteïen.
Vellose hoender en kalkoen, vis en ander seekos, maer snitte beesvleis en varkvleis (lendeskyf, filet of varklendestuk), tofu, soja, eiers en peulgewasse (lensies, droë bone en kekerertjies). Vermy verwerkte vleis (salami, Weense worsies en polonie), wat propvol sout en versadigde vette is.
Vrugte en suiwel
Dié maaltydplanne bevat ’n verskeidenheid vrugte in beheerde porsies.
Een porsie is ’n mediumgroot porsie vrugte (lemoen, appel, peer of ’n klein piesang), of twee klein vrugte (pruime), of een koppie vrugteslaai. Eet altyd ’n proteïen (neute, kaas, grondboontjiebotter) saam met ’n vrug om te keer dat jou bloedsuikervlakke die hoogte inskiet.
Jy kan ook twee porsies suiwel per dag byvoeg: ’n glas (240 ml) laevetmelk of 180 ml gewone, onversoete jogurt.
Westerse maaltydplan
Sakpas maaltydplan
Vegetariese maaltydplan
Tradisionele maaltydplan
Indiese maaltydplan
Laat weet ons watter van dié maaltydplanne lyk vir jou die lekkerste, of as jy nuttige wenke het om te deel oor maaltydplanne en diabetes.
Hi I have menny simtoms af Diabete my feet is red and pynvul.
Hi Ella!
So sorry to hear that… Please go and see a doctor as soon as you can.