Ons weet niemand is lus om oor die risikofaktore van tipe 2-diabetes te praat nie, maar kan jy ’n minuut afstaan vir dié oulike troeteldier-video?
Wat is die risikofaktore vir tipe 2-diabetes?
- Ouerdom – ouer as 45
- Oorgewig of vetsug
- Onaktiwiteit (nie veel oefening nie)
- Hipertensie
- Familiegeskiedenis van diabetes
- Hoë cholesterol
- Familiegeskiedenis van hartsiekte
- Etnisiteit – sekere etniese groepe (soos van Asiatiese afkoms) het ’n hoër risiko
- Swangerskapdiabetes (of om aan ’n baba swaarder as 4 kg geboorte te gee)
- Polisistiese ovariële sindroom (PSOS)
’n Kombinasie van dié risikofaktore kan beteken dat jy tipe 2-diabetes het Maar dit kan dikwels omgekeer word. Klik hier om meer te lees oor hoe tipe 2-diabetes omgekeer kan word.
Het jy geweet?
Nasionale Departement van Gesondheid
Alle volwassenes ouer as 45 behoort jaarliks vir diabetes getoets te word.
’n Eenvoudige diabetestoets
Die toets vir diabetes is vinnig en pynloos en jy kry jou uitslae binne 5 minute. Jy kan ’n bloedglukosetoets by jou plaaslike kliniek of apteek laat doen en só uitvind of jy die gevaar loop om tipe 2-diabetes te kry. As dit só is, bly kalm! Dit kan omgekeer word. Maar net as weet dat jy dit het.
’n Goeie lewe met tipe 2-diabetes
As jy reeds tipe 2-diabetes het, bly kalm! Al kan jy nie die toestand verander nie, kan jy steeds lank, gelukkig en gesond met tipe 2-diabetes leef. Die geheim is om dit reg te bestuur, en ons het ’n hele rits nuttige voorstelle om jou te help.
Hoe bestuur jy tipe 2-diabetes?
Die belangrikste ding om te onthou is TEEL:
- Take your medication
- Eat healthy food
- Exercise, a little each day
- Lose weight, if you need to
Sluit aan by ons diabetes-gemeenskap
Onthou, jy’s nie alleen nie – daar is miljoene van ons wat elke dag met diabetes leef. Sluit gerus aan by South Africans with Diabetes – ons gemeenskap op Facebook – om met ander mense met diabetes te gesels en wenke en voorstelle te kry wat die lewe makliker sal maak.
Discover more from South Africans with Diabetes
Subscribe to get the latest posts sent to your email.





Be First to Comment