Ons is omtrént opgewonde om die Sweet Life Kookboek met jou te deel.
Die Sweet Life Kookboek – wat jy alles kan verwag
Hier is jou boek propvol diabetes-vriendelike resepte vir ontbyt, middagete en aandete, asook ’n hele rits heerlike peuselhappies. Al die resepte is vegetaries, met ’n fokus op plaaslike en laekoolhidraat-bestanddele. Ons het sover moontlik die bestanddele bekostigbaar probeer hou.
Hierdie fantastiese resepte is spesifiek vir Sweet Life ontwikkel saam met The Love Kitchen – met die idee om dit maklik en lekker te maak om gesond te eet.




Laai ’n eksemplaar hier onder af en laat weet ons wat jy dink.
Gesonde maaltye
Kry kundige raad om gebalanseerde maaltye te berei en heerlike resepte saam met jou hele gesin te geniet – of hulle nou diabetes het of nie. Ons weet dit is dikwels ingewikkeld om uit te pluis wat jy mag eet wanneer jy diabetes het, en dit is hoekom ons jou ’n hele kookboek vol opsies wil gee.
Dit hoef nie ingewikkeld te wees om gesond en lekker te eet nie – die belangrikste is net om te onthou om die helfte van jou bord met groen groente en blaargroente te vul. Dit laat nie veel plek vir iets anders nie! Dit is ook belangrik om jou porsies te beheer. Dié gids wys jou watter kosse om te kies, en hoeveel daarvan ’n gesonde porsie is.
Sluit aan by ons diabetes-gemeenskap
Laat weet ons wat jy van hierdie diabeteskookboek dink en watter resepte jy in die toekoms sou wou sien. Stuur vir ons ’n e-pos of sluit aan by South Africans with Diabetes op Facebook of Instagram.
Discover more from Sweet Life
Subscribe to get the latest posts sent to your email.





Great initiative
Thank you so much!