Kom ons gesels oor lae bloedsuikervlakke: die simptome, hoe dit voel, en wat jy moet doen as iemand naby aan jou dit beleef. Die meeste diabete is dit eens – dit is aaklig.
Wat is lae bloedsuiker?
Hier is 10 flitsfeite oor hipoglisemie (lae bloedsuiker). ’n “Hypo”, soos wat episodes van lae bloedsuikervlakke bekend staan, is wanneer jou bloedsuiker laer as 3.9mmol/l is. Dit kan baie vreemd voel en jy sal vinnig iets wat suiker bevat moet eet of drink om jou bloedsuiker te herstel. As jy dit nie behandel nie kan dit lei tot ’n diabetes-noodgeval. Dit is belangrik om te weet hoé om jou bloedsuikervlakke te toets om seker te maak die lesings is akkuraat.
Wat is die simptome van lae bloedsuiker?
Almal is verskillend, maar hier is ’n paar van die mees algemene simptome:
- Prikkelbaarheid
- Sweet
- Honger
- Bewerigheid
- Moegheid
- Vinnige hartklop
Soos jy hier kan sien op South Africans with Diabetes het almal verskillende simptome van lae bloedsuiker.
Some other symptoms of low blood sugar include:
- Can’t see properly
- Can’t talk properly
- Can’t think properly
- Numb tongue
- Dizzy
- Hot and shivery
Ander simptome van lae bloedsuiker sluit in:
- Visuele versteurings
- Spraakprobleme
- Verwarring
- Gevoellose tong
- Duiseligheid
- Warm en koorsig
Hoe om lae bloedsuiker te reg te stel
Dit is belangrik om so gou as moontlik iets te doen om ’n diabetes-noodgeval te voorkom. Eet ’n peuselhappie wat suiker bevat as jou bloedsuikervlak onder 3.9mmol/l is. Byvoorbeeld:
- ’n paar lekkers
- 2 eetlepels rosyntjies
- ’n eetlepel heuning
- ’n halwe koppie vrugtesap
- 5 Super C-lekkergoed
Wag 10 minute en toets jou bloedsuiker weer. As dit nie bo 5mmol/l is nie, herhaal en wag nog 10 minute wag totdat jou bloedsuiker bo 5mmol/l is. Hier is nog wenke oor hoe om te peusel om lae bloedsuikervlakke te vermy.
As jy te veel dalings beleef is dit moontlik dat jy hipoglisemiese onbewustheid ontwikkel – waar daar geen tekens van lae bloedsuiker is nie. Raadpleeg jou dokter oor bloedsuikerbeheer as dit die geval is. Jou vlakke is bes moontlik te laag en jou insulien moet dalk aangepas word.
Sluit aan by South Africans with Diabetes
Die belangrikste ding om te onthou is dat jy nie alleen is nie! Sluit aan by ons Facebook gemeenskap, South Africans with Diabetes, om ander mense met diabetes te ontmoet wat met dieselfde dinge as jy worstel. Ons is almal saam hierin!
Discover more from Sweet Life
Subscribe to get the latest posts sent to your email.





Be First to Comment