Skip to content

’n Gebalanseerde eetplan

Wonder jy wat om te eet sedert diabetes by jou gediagnoseer is? Onseker water tipe kos goed vir jou bloedsuiker is? Dis altyd ’n goeie idee om ’n afspraak by ’n dieetkundige te maak vir raad oor jou spesifieke situasie, maar daar is algemene riglyne wat diabete kan help om ’n gesonde dieet te volg. Pick n Pay het ’n gebalanseerde maaltydplan saamgestel wat juis dit doen.

diabetes meal plan

’n Gebalanseerde maaltydplan vir diabete

Let wel: Almal is verskillend en reageer anders op verskillende soorte kos. Sommige mense met diabetes kan byvoorbeeld matige hoeveelhede vrugte eet, terwyl dit ander se bloedsuiker opstoot. Toets jou bloedsuiker gereeld en maak koskeuses wat goed vir jou en jou bloedsuikerbeheer is. 

Porsiegrootte is belangrik

Hou ook in gedagte dat die grootte van porsies baie belangrik is. Of jy nou koolhidrate tel of nie, maak seker dat die helfte van jou bord gevul is met voedsame groen groente, met ’n klein porsie onverfynde, hoëvesel-koolhidrate (dit sluit vrugte in), en ’n kwart van jou bord met maer proteïen van ’n goeie gehalte. Kyk na die aanbevole maaltydplan as ’n beginpunt. Laai dit gerus hier onder af – die resepte ook!

Laai die maaltydplan af

healthy meal plan

Wil jy die maaltydplan uitdruk sodat jy dit byderhand kan hê? Klik net op “Download” hier onder. Al die resepte vir die maaltye wat in die maaltydplan verskyn, is ook hier onder. Laat weet ons wat jy van die resepte dink!

Pick n Pay Health Hotline

Het jy geweet dat Pick n Pay ’n geregistreerde dieetkundige het wat gratis raad oor voedsel en voeding aan die publiek verskaf? Kontak hulle via die Health Hotline by 0800 11 22 88 of stuur ’n e-pos aan healthhotline@pnp.co.za om oor voeding te gesels.

Translation by Riekie Human

SHARE THIS ARTICLE
What to read next
Join South Africans with Diabetes on Facebook

Join our diabetes community

2 Comments

  1. Hanna Hanna

    Hoe kry ek die gratis resepboek vir diabetes

What do you think?

Sweet Life is a registered NPO/PBO (220-984) with a single goal: to improve diabetes in South Africa. We are funded by sponsorships and donations from aligned companies and organisations who believe in our work. We only share information that we believe benefits our community. While some of this information is linked to specific brands, it is not an official endorsement of that brand. We believe in empowering people with diabetes to make the best decisions they can, to live a healthy, happy life with diabetes.