Skip to content

Kinderboek oor Diabetes

We just got an email about an Afrikaans children’s book about diabetes, and had to share! Marilie van der Merwe is the author – here’s what she has to say…


LeesLisa is my boeke-onderneming, en my jongste dogtertjie, Lisa is die inspirasie daaragter. Sy is gebore toe ek my werk as laerskoolonderwyseres bedank het om voltyds by my kinders te wees en om my drome na te volg. Lisa se geboorte en die verwesenliking van my kinderboekdroom het saam-saam gebeur.

Wat ek met LeesLisa wil bereik, is om met my unieke stories by kinders ’n liefde vir lees te kweek. Ek wil kinders weer aan die lees kry, en ek wil deur middel van kinderstories vir hulle moed vir die lewe gee. Hulle moet weer in hul drome begin glo, en ek wil graag dat hulle deur my stories kan voel alles gaan mooi uitwerk, al is die wêreld so deurmekaar en onverstaanbaar. My boeke is daar om hulle weer te laat lag. Die stories uit my pen is nog nie vertel nie, en ek skryf stories en raak temas aan wat die hart aanraak. Ek begin nie net ’n storie te skryf nie. Ek bid oor die stories wat ek moet skryf en dink lank daaroor na, want elke verhaal moet ’n dieper betekenis hê. As ek ’n storie skryf dan is dit met ’n absolute vrede dat dit die storie is wat vertel moet word.

Met November wat Diabetesmaand is, probeer ek van my kant af om aan soveel as moontlik maniere te dink om bewusmaking te kweek.  Gordon se storie het my sy diep geraak dat ek ek graag my deel wil doen vir die Diabetes gemeenskap.  Delouise het ook aan my genoem dat daar feitlik geen restaurante is wat Diabetes vriendelike menu’s vir kinders het nie en dat sy letterlik hul eie low carb pizza bases” na familie restaurante moet neem vir haar kinders.  Dit was vir my eintlik skokkend gewees dat daar nie regtig kindermenu’s is wat Diabetes vriendelik is nie.  Daarom het ek vir Jakkalsvlei, ‘n familierestaurant in Herbertsdale gevra om aan boord te kom. Ek het hul genader om hul Kiddies menu Diabetes vriendelik te maak en ‘n paar low-carb opsies op hul menu aan te bring.  Hulle het onmiddelik ingestem.  Hier is hul epos adres as jul met hulle ook wil kontak maak.  Ek dink hoe meer mense ons aan boord kry om te help om mense bewus te maak, hoe beter!

Jakkalsvlei se epos adres is events@jakkalsvlei.co.za

SHARE THIS ARTICLE
What to read next
Join South Africans with Diabetes on Facebook

Join our diabetes community

Be First to Comment

What do you think?

Sweet Life is a registered NPO/PBO (220-984) with a single goal: to improve diabetes in South Africa. We are funded by sponsorships and donations from aligned companies and organisations who believe in our work. We only share information that we believe benefits our community. While some of this information is linked to specific brands, it is not an official endorsement of that brand. We believe in empowering people with diabetes to make the best decisions they can, to live a healthy, happy life with diabetes.