Wil jy weet wat om te eet as diabeet, of om gewig te verloor? Dié Gids vir Gesonde Kos wys jou presies watter kossoorte om te kies (en wat om te vermy), asook die regte porsiegroottes.
Dit is ook nuttig as jy hoë bloeddruk of hoë cholesterol het – dit is ’n gids vir die hele gesin.
Gratis Gids vir Gesonde Kos
Ons het hierdie gratis Gids vir Gesonde Kos saamgestel om mense met diabetes, hoë bloeddruk en cholesterol te help om gesonder kosse te kies. Dit is ook nuttig as jy gewig wil verloor.
Laai jou gratis eksemplaar af (klik hier onder): Dit kan op A3-papier gedruk word (swart en wit) om as A5-grootte te vou.
Die inspirasie vir hierdie gids vir mense met diabetes
Ons wil help! Ons weet hoe moeilik dit kan wees om te besluit wat die regte kos is wanneer jy gesond probeer eet. Dié gids kan jou help om die regte kosse vir die hele gesin te kies. Dit is geskik vir almal – of jy nou tipe 1- of tipe 2-diabetes het, of hipertensie (hoë bloeddruk) of hoë cholesterol, of net goeie kosse wil kies om meer energie te hê.
Dit is só belangrik om jou diabetes te beheer. Die regte dieet kan jou help om ’n normale, gesonde lewe te lei. Kies die volgende kosse vir jou en jou gesin.
Wat jy in die Gids vir Gesonde Kos sal kry
Hier is van die bladsye in die gids om jou te wys watter tipe inligting jy daarin sal kry. Daar is idees vir ontbyt, middagete en aandete – en wenke wat jou sal help om jou etes te beplan.
Onthou:
- Moenie etes oorslaan nie.
- Eet elke dag groente.
- Eet gereeld droë bone, split-ertjies, lensies en sojabone.
- Kies vloeibare olies in plaas van harde vette.
- Beperk jou soutinname en souterige kos.
- Vermy suiker.
- Drink 8 glase water per dag.
- Raak meer aktief.
Jy is nie alleen hierin nie!
Werk jy in ’n kliniek of hospitaal wat hierdie gids nodig het? Laat weet ons asseblief hier.
Discover more from Sweet Life
Subscribe to get the latest posts sent to your email.





Be First to Comment