Skip to content

Gratis Diabetes-Kosgids

Een van die dinge wat ons die meeste gevra word op Diabetic South Africans is: “Ek’s ’n diabeet – watter kosse moet ek eet?” Dit het ons aangespoor om ’n diabetes-kosgids saam te stel en hierdie eenvoudige stap-vir-stap-gids wys watter kosse jy moet kies, en hoeveel.

diabetes food guide

Gratis Diabetes-Kosgids

Ons het dié gratis Diabetes-Kosgids geskep om diabete te help om gesonder keuses te maak. Laai jou gratis kopie af (klik op “Download” hier onder) of lees dit aanlyn.

Wat’s in die Diabetes-Kosgids?

Hier’s ’n paar uittreksels uit die gids om te wat wys watter soort inligting dit bevat. Die idee is dat jy daagliks kan inloer om te sien watter kosse jy vir ontbyt, middagete en aandete moet kies. 

Die inspirasie vir dié gids vir diabete

Ons wil jou help! Ons weet hoe moeilik dit vir diabete kan wees om te besluit wát om te eet – en hoeveel – en ons hoop hierdie boek sal jou help. Dit wys jou watter kosse om te kies, en wat gesonde hoeveelhede van elk is. Die gids is vir mense met tipe 1- en tipe 2-diabetes.

Dis só belangrik om jou diabetes te beheer. Die regte dieet kan jou help om ’n normale en gesonde lewe te lei. Maak die volgende keuses vir jou en jou gesin …

Onthou:

» Moenie etes oorslaan nie.
» Maak seker dat jy elke dag groente eet.
» Eet gereeld droë bone, split-ertjies, lensies en soja.
» Kies groente-olies in plaas van harde vette.
» Beperk jou soutiname en souterige kos.
» Probeer om suiker te vermy.
» Drink daagliks baie skoon, veilige water.
» Raak meer aktief.

Jy’s nie alleen nie – ons is saam met jou hierin!

Sluit gerus by ons gemeenskap op Facebook aan – Diabetic South Africans, of besoek www.sweetlife.org.za en www.pnp.co.za/livewell vir meer inligting oor diabetes en kos.

Ontbreek iets dalk in hierdie gids? Laat weet ons asseblief hier!

SHARE THIS ARTICLE
What to read next
Join South Africans with Diabetes on Facebook

Join our diabetes community

Be First to Comment

What do you think?

Sweet Life is a registered NPO/PBO (220-984) with a single goal: to improve diabetes in South Africa. We are funded by sponsorships and donations from aligned companies and organisations who believe in our work. We only share information that we believe benefits our community. While some of this information is linked to specific brands, it is not an official endorsement of that brand. We believe in empowering people with diabetes to make the best decisions they can, to live a healthy, happy life with diabetes.