Daar’s een versoek wat ons weekliks op ons Diabetic South Africans Facebook-blad kry: Beveel asseblief ’n diabetes-spesialis in (’n spesifieke stad) aan.
En wanneer ons die diabetes-gemeenskap raad vra, kry ons altyd wonderlike terugvoering. Dis hoekom ons besluit het om ’n sentrale gids saam te stel met al hul antwoorde. Raadpleeg die lys hier onder as jy op soek is na ’n diabetes-spesialis. Ek het spesifieke kommentaar van lede van ons gemeenskap in kursief bygevoeg.
Laat weet asseblief as jy ’n diabetes-spesialis kan aanbeveel! Jy kan dit doen deur hier kommentaar te lewer, of op die Diabetic South Africans Facebook-blad.
Hierdie diabetes-spesialiste is almal deur die diabetes-gemeenskap aanbeveel – van endokrinoloë tot dokters en ’n paar opvoeders in diabetes.
Gauteng
Vind ’n diabetes-spesialis in Johannesburg:
- Dr. Zaheer Bayat
- Dr. Sundeep Ruder
- Dr. Segal by die Donald Gordon Mediese Sentrum aan die Universiteit van die Witwatersrand
- Prof. Wing by die Donald Gordon Mediese Sentrum – 011 356 6000
Wonderlik. Hy’t my lewe vier jaar gelede verander! - Dr. Adri Kok, Unie-hospitaal, Alberton
- Die CDE in Houghton – 011 712 6000
Fantastiese fasiliteit! Ek kry uitstekende sorg en leiding van dr. Stanley Landau.
1) Dokters en endokrinoloë
2) Gimnasium
3) Dieetkundiges
4) Lancet-laboratorium
5) Apteek
Jy kry nie beter nie! - Dr. Mayet by die CDE Houghton is ’n diabetoloog, dr. David Segal spesialiseer in pediatriese diabetes.
Na gelang van of jy tot ’n mediese fonds behoort of nie – dit kos minder vir privaat pasiënte as op ’n mediese fonds.
Dr. Segal is ’n pediatriese diabetes-endokrinoloog en uitstekend met kinders. - Dr. Debbie Gordon by die Sentrum vir Diabetes – 011 356 6040.
Sy’s absoluut wonderlik. - Die CDE in Houghton:
Voetheelkundige – Rae Bernstein
Verpleegkundige opvoeder in diabetes – Vanessa Brown
Oftalmoloë – dr. Peter van Lingen/dr. A. Taylor Donald - Dr. Brian Kramer of prof. Larry Distiller
- Tabitha Hume is ’n baie behulpsame geregistreerde dieetkundige.
- Dr. Erasmus en vennote in Benoni
Dr. Erasmus is die beste. - Die Diabetes-sentrum by die Charlotte Maxeke-hospitaal
Johannesburg-hospitaal (Charlotte Maxeke) het die beste diabetes-spesialis in SA - Charlotte Meschede – opvoeder in diabetes by die Parkmore Mediese Sentrum
- Dr. Reyneke by die Life Springs Parkland-hospitaal
- Dr. Chiba by die Clinton-hospitaal in Alberton
- Dr. Andre Pieterse Linksfield
- Jen Whittal: opvoeder in diabetes in Bryanston – 083 441 5089
Sy bemagtig jou met keuses om slim besluite te neem wat jou breed laat glimlag. - Dr. Jhetam oftalmoloog by die Milpark-hospitaal en private hospitaal in Lenasia
Vind ’n diabetes-spesialis in Centurion:
- Dr. Wynand Jacobs naby Unitas Centurion
Hy’s die beste!
Vind ’n diabetes-spesialis in Pretoria:
- Dr. Jacobus van Dyk in Pretoria
Die beste ooit. - Dr. Betsie Klopper in Pretoria/Hatfield
- Dr. Smit by die Pretoria-Oos-hospitaal
- Dr. Helena Oosthuizen by die Pretoria-Oos-hospitaal
Vind ’n diabetes-spesialis in Boksburg:
- Dr. Coenie Venter Healthworx in Boksburg
Mpumalanga
Vind ’n diabetes-spesialis in Secunda:
- Jeannie Berg is ’n opvoeder in diabetes by die Kosmos Apteek.
- Dr. Bahadur – 017 638 1253
Vind ’n diabetes-spesialis in Witbank:
- Dr. Lombard en Kate Ratcliff by die Diabetic Sentrum in Witbank – 013 697 2407
Ek is al amper agt jaar by hulle. My HbA1c was 10.8, en is nou 6.0. Hulle reël al jou jaarlikse afsprake met Kate, die opvoeder in diabetes, die voetheelkundige, oogspesialis en dieetkundige. Jy kan ook tydens afsprake met al die voorafgenoemde vir dr. Lombard spreek. Hulle het toekennings van die Mediese Vereniging ontvang en is eenvoudig wonderlik! - Dr. Kathy Bridgens: oftalmoloog
KwaZulu/Natal
Vind ’n diabetes-spesialis in Durban:
- Dr. Diab in die Kloof-area (Highway-diabetessentrum – 031 765 8741)
Fantasties! - Dr. Randeree by Parklands is ’n endokrinoloog
- Dr. Pillay in Westville
Hy’s ’n pediatriese endokrinoloog. - Dr. Sedeshan Soobramoney Govender
Baie goeie spesialis. - Dr. Jairam by die Kingsway-hospitaal in Amanzimtoti
Baie tevrede met hom. - Dr. Jo Skelton: endokrinoloog
Ongelooflik. - Fiona Prins
’n Uitstekende diabetes-spesialis. - Dr. Govender in Umhlunga
- Julie Peacock is ’n geregistreerde dieetkundige wat in Durban-Noord praktiseer.
Sy leef al die afgelope 43 jaar met tipe 1-diabetes!
Vind ’n diabetes-spesialis in Pietermaritzburg:
- Dr. Devan Gounder by die Netcare St Anne’s Mediese Sentrum
- Dr. A.Y.D. Moosa – 033 345 6222
Hy’s ook die besturende direkteur van die Midlands Mediese Sentrum in Pietermaritzburg. Hy’s briljant! - Dr. Russel Kirkby
- Kate Bristow
’n Uitstekende opvoeder in diabetes.
Vind ’n diabetes-spesialis in Hilton:
- Dr Claudine Lee in Hilton
Vrystaat
Vind ’n diabetes-spesialis in Welkom:
- Dr. Colyn: Internis by MediClinic Welkom
Oos-Kaap
Vind ’n diabetes-spesialis in Port Elizabeth:
Vind ’n diabetes-spesialis in Oos-Londen:
- Dr. Sean Murray
- Unathi Daweti: verpleegkundige opvoeder in diabetes.
Sy’s die beste …
Wes-Kaap
Vind ’n diabetes-spesialis in Kaapstad:
- Prof. Joel Dave
- Dr. Neville Wellington
- Dr. Hennie Nortje N1 City Medical Chambers – 021 595 0922/3
- Prof. Francois Bonnici UK Hospitaal
- Tygerberg-hospitaal
Dis ’n verwysingshospitaal, maar met ’n wonderlike span in endokrinologie. Prof. Zollner is ongelooflik! - Rooikruis-kinderhospitaal
Ook gewild met dié van ons wat nie tot ’n mediese fonds behoort nie! - Tracy Ugarchund, dieetkundige met ’n spesiale belangstelling in diabetes: Constantiaberg Mediclinic.
Ons is almal saam hierin.
Translation by Riekie Human
Be First to Comment